20080804

drie stukke.fases.liefdes

? I ?
Ek sukkel om te fokus Die dae sleep stadig verby Die nagte en die drome Jou misterie maak my mal My hart voel hol Dis vreemd Ek sing 'n lied op 'n vals noot Ek soek jou om elke hoek
?


? II ?
Draai my in die rondte tot die beligting jou pas Kies vir my 'n kleur na jou voorkeur Vir jou sal ek in die vuur spring Ek gee vir jou my hart Ek bou vir jou al my liefde Om te kyk hoe jy dit breek Ek sal jou nie bevraagteken Ek sal nie twyfel Hier is ek, gebruik my En los die stukke in die drom by die agterdeur
?


? III ?
Jy's anders Daar's iets vreemds aan jou manier, jou wyse van beweging En in hoe jy met my praat Ek sukkel om dit uit te ken Is dit tydelik of het jy egter jou les geleer? Het jy dalk tydens die les ook besef wat jy verloor het? Wat jy weggegooi het Wat jy misbruik het Ek wens ons kan weer lag soos ou tye, soos ou vriende Maar ek is bevrees die lewe het oorgeneem En dit lyk vir my na 'n doodloop Niks gaan hier verander nie…maar steeds is daar hoop, Want jy's anders Dis in jou stem Dis in jou oe En die manier hoe jy vir my kyk ….as ek nie kyk nie.
?

No comments: